Wednesday, 12 September 2012

Graad 4 - Ekwivalente breuke


Voel vry om lestemas waarmee jy (Of as jy `n ouer is, jou kind ) sukkel op `n comment aan my te post!

- Graad 4 -

Tema: Ekwivalente breuke

Wat is `n ekwivalente breuk?
`n Ekwivalente breuk is `n breuk met die selfde grootte as `n ander breuk maar die breuke lyk nie dieselfde as jy hulle langs mekaar skryf  nie. klink dit grieks? kom  ons kyk na `n voorbeeld!

Breukekaart
 
Kan jy sien dat die grootte  van   1/2 (`n Half) is presies dieselfde as die grootte van 2/4 (twee kwarte)   of   3/6  (Drie sesdes) of   4/8 (Vier agstes)  is ???

Lyk hierdeie breuke dieselfde?? NEE ,  hulle verskil in hoe hulle lyk of geskryf word maar die breuke is dieselfde grootte. Ons sĂȘ dat hierdie breuke ekwivalent is aan mekaar.

Indien jy dalk nogsteeds nie mooi verstaan nie dink ek die volgende skalel van `n YOUTUBE - video Sal jou kan help. (dit is ongelukkig net in Engels beskikbaar.)
http://www.youtube.com/watch?v=wL4hICyMLKU&feature=BFa&list=ULwL4hICyMLKU 

 Kom ons doen nou `n paar oefeninge met ekwivalente breuke:
Gebruik die breukekaart hierbo en soek ekwivalente breke vir die volgende breuke:
 2/4 = ?/8             1/4 =  ?/8           1/2 = ?/8         1/4 = ?/12         3/4 = ?/8         1/6 = ?/12 
 3/6 = ?/2             1/2 =  ?/4           5/10 = ?/2       3/12 = ?/4         4/4 = ?/12        2/6 =  ?/3

Vir addisionele oefeninge comment op die post.    : )
 

Raadop????

Is jy raadop met Wiskunde? Voel dit vir jou of niks in die Wiskundeklas sin maak nie?      Wel.... Dan is jy op die regte plek!!!! Op hierdie blog word wiskunde op `n maklike en lekker manier verduidelik! Ons maak  gebruik van visuele voorbeelde (Video`s, plakkate, diagramme, ens.) wat die verstaan van wiskunde maklikker maak.   Ekstra klasse vir grade 4-9 is op hierdie blog beskikbaar.